
=====================================================================
Tale se kanse in akademiese wreld (AV 4:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Tale se kanse in akademiese wreld

Peter Titlestad   gee 'n beskouing oor Afrikaans en ander tale uit 'n Engelse akademiese hoek.

DIT kan waarlik lyk asof, met Somerset en Milner agter die rug en die Britse ryk in sy peetjie, die Engelse ryk die land berwe het, dalk 
die hele wreld. Engels se mag is groot. Oor die potensiel afbrekende moontlikhede in hierdie situasie wei linguiste, waarvan die 
gewetensbeswaarde Engelsprekendes nie die minste is nie, dikwels uit.

Boonop is daar die vooruitsig van 'n groeiende swart taalnasionalisme, wat onder beskerming van die taalartikels in die nuwe grondwet, die 
Langtag verslag, en die nuut gevestigde Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad verlang dat outochtone Afrikatale op akademiese en administratiewe 
vlak ten volle moet ontwikkel, dat die hulpbronne van die "wit" skole wyer oopgestel moet word, en ten slotte, dat op die medium tot lang 
termyn (die Nasionale Raad vir Hor Onderwys en die Langtag) hierdie tale as 'n medium van onderrig in tersire onderwys gebruik moet word.

Reeds het Afrikaanse universiteite swart studente toegelaat wat op onderrig in Engels aandring (maar wat spesiale onderrig-aandag nodig het 
omdat hulle Engels dikwels nie goed genoeg is nie). Die veroorsaak kwaai logistieke druk op 'n tydstip waarop subsidies vir universiteite 
drasties besnoei word.

Op die oog af is die situasie vir Afrikaans somber. Terselfdertyd is daar 'n sterk neiging om die noodsaaklike funksies van Engels op 
bepaalde terreine op die agtergrond te skuif. En dis juis hierdie essensile funksies wat, wanneer hulle gevoeg word by die invloed wat 
Afrikaans ongetwyfeld nog het, Engels die goeie vriend van die Afrikaner kan maak.

Laat ons vir 'n oomblik tot die somberheid terugkeer, 'n Mens wonder soms of die Minister van Onderwys weet wat hy doen. Die manier waarop 
Afrikaanse universiteite en veral hulle doserende personeel op die situasie gereageer het, verdien eerbare vermelding. Die bydrae van 
hierdie akademici tot die nasionale onderwyspoging wek ontsag. Die Afrikaanse universiteite het die skuif na tweetaligheid sonder ekstra 
personeel gemaak deur lesings in twee tale aan te bied, terwyl die aandrang op navorsing nie afgeneem het nie. Die Minister van Onderwys en 
die administrateurs van hierdie instellings was suinig met hul erkenning van die daaruit voorspruitende druk en met die verskaffing van die 
nodige geldelike hulp.

Nog nooit is so veel deur so min met sulke skrale hulpmiddele vir so baie gedoen nie, sou 'n mens met 'n eggo van Churchill se 
welsprekendheid kan s.

Aan hierdie universiteite moet nog ondersteuning gevestig word vir die toenemende aantal studente wat in Engels onderrig wil word, maar wie 
se Engels om historiese redes nie op akademiese peil is nie.

Intussen vra verslae en skrifte -- groen en wit -- dat aan Engels 'n hupstoot gegee word in 'n tyd waarin die vermindering van personeel en 
subsidies aan die orde van die dag is. Dis 'n byna onmoontlike situasie en dit is glad nie duidelik of die geld wat kwansuis vir sulke 
projekte begroot is, in toereikende mate of hoegenaamd beskikbaar gaan word nie.

Die Ministerie van Onderwys wil, wat terire taalvaardigheid betref, die een h sonder om die ander te laat, en dit terwyl die hersiene 
skoolstelsel min belofte toon dat dit die taalvermo sal lewer wat 'n lewensbelangrike sektor van die bevolking, di met die vermo om na 
tersire onderwys te vorder, nodig gaan h. Dit kan blyk dat die sogenaamde veeltalige klaskamer 'n afbrekende hersenskim is. Skole wat 
goed bestuur word, 'n leeretiek het en meer tradisionele taalonderrig aanbied, kan daarby baat vind.

Die kampvegters vir Afrikanisme wil natuurlik h dat die Afrikatale vir akademiese gebruik ontwikkel moet word. Hulle is inderdaad 
waarskynlik reeds bruikbaar.

Daar is egter twee probleme. Een is bloot die logistiek. Op die oomblik is daar min lektore wat in die Afrikatale onderrig kan gee. Die 
organisatoriese probleme in verband met die aanbieding van kursusse in die verskeidenheid van tale wat studente moontlik kan verkies, is 
onoorkomelik, tensy geld ruimskoots beskikbaar gestel word namate die nodige doserende personeel gevind word en die aanvraag bestaan.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av446.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1997 /// Besef die waarde van Afrikaans (AV 4:4) /// Maak ore en 
hart oop vir pleidooie (AV 4:4) /// Hier skep veeltaligheid 'n wen-wen-situasie (AV 4:4) /// Afrikaans moet bevryding gegun word (AV 4:4) 
/// Tweekoppige reklame in Brussel (AV 4:4) /// Tale se kanse in akademiese wreld (AV 4:4) /// Hoe kru ook al die kwaal, Afrikaans kn 
heel (AV 4:4) /// Nederlandse skoolkinders lees weer Afrikaans (AV 4:4) /// 'Ek soek nie Afrikaans op blikkies nie' (AV 4:4) ///

